Greenlands Kunsmis

Algemene Inligting

Ripe Cornfield at SunsetN-, P- en K-vlakke in ‘n mengsel

Kunsmismengsels met verskillende verhoudings van N (stikstof), P (fosfaat) en K (kalium) is beskikbaar.  Die vrugbaarheidsyfer van die grond in term van enige tekorte, sowel as die koste van die nutriënte in die spesifieke mengsel sal bepaal wat die gewenste mengsel is.  Wanneer daar geplant word, sal kunsmismengsels of uitgestrooi en ingeploeg word of in stroke geplaas word.

Komposisie van voedingswaarde: N-, P- en K-mengsels in verskillende verhoudings word gebruik vir spesifieke doeleindes of gewasse.  Die 2:3:2(22)-mengsel, bevat byvoorbeeld ‘n totaal van 22% plantnutriënte (N plus P plus K).  Die 2:3:2-verhouding dui op ‘n verhouding van 2N:3P:2K, wat in totaal sewe dele van nutriënte bied.  Die mengsel bevat dus 2/7 x 22/100 = 6,3% N, 3/7 x 22/100 = 9,4% P en 2/7 x 22/100 = 6.3% K.  In groter hoeveelhede, bevat elke sak (50kg) van hierdie kunsmis 3.15kg N 4.7kg P en 3.15kg K.  Hierdie komposisie van voedingswaarde word gebruik om die kwaliteit van ‘n mengsel wat aangebring gaan word te bepaal.

Berekening

  • Die aanname word gemaak dat die produsent 2:3:2(22)-kunsmis beskikbaar het en besluit het om nie ‘n ander mengsel te koop nie.
  • Volgens ons voorbeeld, is die nodige voedingswaarde vir ‘n bepaalde opbrengs van 2.5t/ha bereken as 66kg/ha N, 17kg/ha P en 35kg/ha K en ‘n besluit is gemaak om ‘n derde van die N-vereistes (22kg/ha) te plant.  Veronderstel 2:3:2(22)-kunsmis is beskikbaar en sal gebruik word.
  • Die skaal van toediening word bereken as N = 22 x 100/6.3 = 349kg/ha, P = 17 x 100/9.4 = 181kg/ha en K = 35 x 100/6.3 = 556kg/ha.  Dit is vanselfsprekend dat die hoeveelhede aansienlik sal verskil en ‘n besluit moet gemaak word ten opsigte van die skaal van toediening. Die vraag of die P- of K-status in die grond voldoende is, sal hierdie besluit beïnvloed.
  • As die grootste hoeveelheid (556kg/ha) aangewend word om aan die K-vereiste vir ‘n opbrengs van 2.5t/ha te voldoen, impliseer dit dat 556 x 6.3/100 = 35kg/ha N en 556 x 9.4/100 = 52kg/ha P aangewend sal word. Dit is nie ekonomies nie, aangesien daar ‘n oorskot van 13kg/ha (59%) N en 35kg/ha (206%) P sal wees.
  • As die status van die grond bevredigend is, sal die volgende alternatief wees om 349kg/ha aan te wend om sodoende aan die N-vereiste te voldoen.  die gevolg sal ‘n toediening wees van 349 x 9.4/100 = 33kg/ha P en 349 x 6.3/100 = 22kg/ha K.  Dit sal steeds onekonomies wees, aangesien daar ‘n oorskot van 16kg/ha (94%) P en ‘n tekortkoming van 2kg/ha(6%) K sal wees.
  • ‘n Derde alternatief is om die vereiste P (17kg/ha) aan te wend met die gevolg dat 181 x 6.3/100 = 11kg/ha K aangewend sal word.  Hierdie tekortkoming van 11kg/ha(50%) N kan nog bo-bemesting ontvang, maar die tekortkoming van die 24kg/ha(69%) in die K-vereiste is ernstig.  Hierdie alternatief is meer eknonomies, maar kan net oorweeg word as die K-status van die grond hoog is en die K-bemesting ten minste verdubbel kan word gedurende die volgende produksiejaar.
  • In hierdie geval sal dit meer ekonomies wees om ‘n mengsel met ‘n meer geskikte komposisie te gebruik.

Bron: ARC-GCI/LNR-IGG  www.arc.agric.za

ELEMENTE

MAKRO-ELEMENTE:

Verwydering van plantvoedsel deur gewasse

Verwydering is deur totale plant, ingeslote die saad of vrug

MAKRO ELEMENTE

Ander makro-elemente

Kalsium (Ca) en Magnesium (Mg)

Bekalking van suurgronde is ‘n noodsaaklike praktyk vir die instandhouding van grondvrugbaarheid en -produktiwiteit.  Gronde onder bewerking is geneig om te versuur en die versuringstempo word versnel deur bemesting met ammoniumbevattende stikstofbronne.  Navorsing wat deur die MVSA op sandleemgronde van die Avalon- en Huttonfamilies op die Hoëveld gedoen is, dui op ‘n gemiddelde minimum aanvaarbare pH (KCl) vlak van 4.5 en ‘n maksimum aanvaarbare persentasie suurversadiging van 10 tot 15.

In proewe op die Mpumalanga Hoëveld is gevind dat ‘n toediening van ten minste 1 ton landboukalk per hektaar per jaar nodig is vir instandhouding van optimum pH- en suurversadiginspeile.  Magnesiumvlakke in gronde moet liefs nie laer as 50mg kg-1 daal nie.  Indien magnesiumvlakke laer as dit daal moet dolomietiese kalk toegedien word.

Swael (S)

Swael is ‘n noodsaaklike makro-element en dus net so belangrik in plantvoeding as die ander makro-elemente.  Die tekortsimptome is ‘n geel verkleuring van die hele plant wat dikwels eerste by die nuw groei sigbaar raak.  Plante met ‘n swael tekort het dikwels ook dunner stamme en ‘n kleiner groeiwyse.

Swaeltoediening deur middel van kunsmis het in die afgelope jare baie afgeneem, veral met die toenemende gebruik van hoërgraad kunsmismengsels met min of geen swael in nie.  Tesame hiermee het Suid-Afrikaanse mieliegronde oor die algemeen ‘n lae swaelleweringsvermoë.  Hierdie lae swaelleweringsvermoë is onder andere te wyte aan ‘n lae organiese materiaalinhoud, lae pH en lae kleipersentasie.  Die beperking op swaeloksied industriële emissies dra ook by tot ‘n totale afname van indirekte swaelvoorsiening (as ‘n bestandee van kunsmis en deponering van SO2).  Presies hoeveel is egter nie bekend nie.  ’n 1993-ondersoek van die Waternavorsingskommissie het aan die lig gebring dat sulfaatdeponering in die Vaaldam-opvangsgebied, binne die bereik van 10 tot 23 kg S ha-1 jr-1 val.

Swaeltoedienings (4 kg S ha-1 onderhoud per ton graan) kan oorweeg word waar aanduidings uit blaaranalises en/of grondontleding op moontlike tekorte dui.

Mikro-elemente

Sink (Zn)

Gedurende die laat sestiger jare het sink baie op die voorgrond getree nadat sinktekorte vry-algemeen op jong mielies geïdentifiseer is.  Hierdie sink tekorte was veral prominent waar hoë konsentrasies kunsmis naby die saad geplaas, die grond onlangs bekalk en koel betrokke weer ondervind was.  Die sink probleem het met die koms van sinkbevattende mengsels grootliks verdwynh en sinkreserwes is in baie gronde tot onnodige hoë peile verhoog.

As ‘n algemene reël kan gestel word dat sinkbemesting by mielies onnodig is indien die ontleding van sink in die grond meer as 1.5 tot 2 mg Zn kg-1 aantoon.

Boor (B)

Positiewe obrengsreaksies op boorbemesting is verkry in proewe waar boorkonsentrasies in mielieblare tydens blomtyd laer as 8 tot 10 mg kg-1 gedaal het (GCJ Kruger, Sasol Kunsmis; persoonlike mededeling).

Hierdie reaksies is hoofsaaklik op ligte tekstuurgronde in die Oos-Vrystaat en die Mpumalanga Hoëveld verkry, waar blaarontledings die vorige seisoen ‘n moontlike boortekort aangedui het.  Waar boortekorte verwag word of positief geïdentifiseer is (byvoorbeeld deur middel van blaarontleding) kan dit met ‘n toediening  van 0.5 to 2 kg B ha-1 reggestel word.

Dit moet verkieslik in ‘n wateroplosbare vorm voor planttyd toegedien word.

Molibdeen (Mo)

In die laat sestigerjare was molibdeen tekorte op jong mielies, wat op suurgronde aangeplant was, ‘n algemene verskynsel.  Met die koms van molibdeenbehandelde saad het die probleem baie verminder.  Molibdeentekorte word geassosieer met sterk suurgronde en molibdeen word weer beskikbaar gestel as die grond behoorlik bekalk word.

Bron: MVSA Bemestings Handleiding 2007

Planttoeganklike mikro-elemente soos beïnvloed deur pH

soil ph

Image from yara.us

 RIGLYNE VIR KORREKTE KUNSMISTOEDIENING

Kalibrering van kunsmisplasing

‘n Kunsmisstrooier word gevul met die nodige kunsmis en ‘n plastieksak word dan aan die onderkant van die toevoerpyp gebind; die planter word in ‘n reguit lyn getrek op ‘n harde oppervlak vir presies 20m waarna die kunsmis wat in die sak opgegaar is, geweeg word.

Mielies word in 0.91cm rye geplant en die area wat deur die planter in 20m gedek word, is 20m x 0.91cm = 18.2 m².  Dit, as ‘n breukdeel van een hektaar, is 10 000 ÷ 18.2 = 549ste van ‘n hektaar.

‘n Bemestingsyfer van 247kg/ha word beplan.  Dit beteken dat die kunsmis wat in 20m geplaas word 247 000 g ÷ 549 = 450 g moet wees.

Omgekeer, is die kunsmis wat in 20m geplaas is, as 450 g geweeg.  Dit beteken dat 549 x 450 = 247050 g/ha = 247kg/ha is.

Bron: ARC-GCI/LNR-IGG  www.arc.agric.za

 

Uses wordpress plugins developed by www.wp-premiumplugins.com