Greenlands Kunsmis

Bestellings, Vervoer en Verpakking

PLAAS VAN BESTELLINGS

Kontak gerus een van ons agente as u ‘n bestelling wil plaas.  Sien die kantkolom vir ‘n agent in u area.

Note And Pen

Die volgende prosedure sal gevolg word as u ‘n nuwe kliënt is:

  • Bestelling word saam met ‘n kredietapplikasie voltooi. (Kredietapplikasie word jaarliks hersien)
  • Agent faks bestelling saam met kredietapplikasie na hoofkantoor vir kredietverwysing.  (Oorspronklik getekende kredietapplikasie moet na hoofkantoor gepos word)
  • Afskrif van BTW sertifikaat moet ook ingedien word.
  • Dit neem so 3 dae, onder normale omstandighede, om ‘n nuwe applikasie te verwerk.  Daar opvolgende bestellings sal vinniger magtiging kry solank al die vereistes nagekom word.
  • Bestelling word gemagtig en deur gegee na ons vervoer afdeling, wat u dan sal kontak om te reël vir die aflewering.

VERVOER

pbd 013

PBD Logistiek word grootliks by PBD se kalk takke gebruik dus maak Greenlands gebruik van privaat kontrakteurs.  Daar word deurlopend gepoog om die boer se kunsmis so vinnig moontlik afgelewer te kry en hiervoor maak ons gebruik van doelgerigte, professionele kontrakteurs. Padvervoer tariewe word bereken volgens heersende mark toestande in die vervoer bedryf en natuurlik die prys van olie op die wêreldmarkte.

U is ook welkom om self u vrag te kom laai of iemand te stuur wat die vrag vir u laai solank u net vooraf reëlings met die vervoer afdeling tref sodat daar vir u ‘n laaislot geboek kan word.  Laat omtrent 48uur buite seisoen tyd toe nadat u bestelling goedgekeur is vir lewering.  In seisoentyd mag dit dalk langer vat aangesien baie van die kliënte alreeds aan die begin van die seisoen hulle bestellings geplaas het en laaislotte vasgemaak het.

VERPAKKING

Die volgende tipe verpakkings is beskikbaar:

50kg sakkies

Massasakke (500kg)

1 ton sakke

50kg sakkies op palette met plastiek omhul

50kg sakkies in “slingbag”

pbd 009

 

 

pbd 011

 

 

 

 

 

 

pbd 012

 

 

pbd 008

 

 

 

 

 

 

pbd 010

 

 

 

 

 

 

 

 

Uses wordpress plugins developed by www.wp-premiumplugins.com