Greenlands Kunsmis

Greenlands

Greenlands benader die probleme van hedendaagse landbou produkte met wetenskaplik bewysde kennis om die groei en gesondheid van landbou gewasse te optimaliseer. Ons neem jare se praktiese ondervinding in die veld en kombineer dit met ons feit gebaseerde wetenskaplike landbou kennis om oeste van hoë kwaliteit te verseker, en dus bemagtig ons die boer om ‘n meer winsgewende eindproduk te lewer.

corn

By ons is jy deel van ‘n kunsmis kampioenskap wat verbind is tot volgehoue bogemiddelde diens en uitmuntende kwaliteit.

Die Greenlands reputasie is die produk van jarelange ervaring en deurlopende streng gehaltebeheer. Net die hoogste standaarde is vir ons goed genoeg en word verseker deur deeglike en gereëlde instandhouding by ons aanlegte. Korrekte produkformulering is ons trots.

A wheat field with blue sky background

 

Met Greenlands Kunsmis verseker jy jou sege, want ons GROEN is immers altyd GOUD.

GREENLANDS SE KALKKUNSMISMENGSEL:

  • Verhoog die effektiwiteit van bemesting, veral op suurgronde.
  • Beheer die pH van die kunsmisband beter.
  • Beskerm fosfate teen vaslegging.
  • Verbeter die proses van fotosintese deur die toevoeging van swael en magnesium.
  • Beskerm basiese katione teen uitloging.
  • Stimuleer voordelige grondmikroflora.
  • Onderdruk nadelige grondmikroflora soos stam- en wortelvrot.
  • Is volgens Wet 36 van 1946 geregistreer.

GREENLANDS

 

Uses wordpress plugins developed by www.wp-premiumplugins.com